Kronkel-liefde

Ek het nie woorde nie.

Tapestry of Thought

Van hierbo uit die ge-propelleerde vliegtuigie uit, is dinge duidelik.

Alles wat God gevorm het, kronkel. Dit vou oop, met grasie en genade. Berge en riviere, landskappe en wolkpatrone. Lewe en orde, met kuns gekroon.

Alles wat Mens gemaak het, is reguit. Paaie en kragdrade. Grenslyne. Hard ge-ets, asof om die stempel van mens-in-beheer af te druk.

Dalk is dit hoekom ons sukkel om liefde te verstaan. Ons wil reguit lyne trek. Grense afkamp. Die pad van punt A na punt B uitkaart.

Terwyl liefde eintlik ook maar net wil kronkel. Om soos ‘n bergstroom sy stilseker pad te vind.

Selah.

View original post

Advertisements
Image

Verslaaf aan skinder?

Ek haat skinder. En ek dink niks van mense wat skinder nie. Hierdie skrywe moet gehoor word en is ‘n reblog werd!!

Pa’s en dogters

Geen dogter behoort haar pa te smeek om deel van haar lewe te wees nie. Vaderlike liefde is nie veronderstel om perke te hê nie want vir ‘n dogter is en bly haar pa altyd haar eerste liefde.

toortsie.com

Elke verhouding in die gesin het sy eie plek en belangrikheid, en iemand het een keer gesê dat God heel eerste vir Adam en Eva geskep het, ‘n gesin, en nié ‘n Raad van Direkteure nie.

Omdat die verhouding tussen die pa en sy dogter nou ter sprake was by die Google soekenjin, is dít waaroor ek wil skryf.

Pa’s julle is nie net die voorsieners wat moet sorg dat daar geld in die huis is nie, julle het ‘n baie prominente doel in die huis. Julle is die hoof van die huis, die vaders in die huis, en as julle daardie rol met liefde vervul en julle vaderskap in liefde uitoefen, sonder om iemand soos ‘n vloerlap te laat voel, baat elke persoon in die huis daarby. Jy inkluis.

Pa, jy is die een wat jou dogter leer hoe ‘n man eendag teenoor haar sal moet optree. Jy leer…

View original post 334 more words

Die eerste woorde, of is dit die laaste?

Dankie vir hierdie skrywe, Toortsie. Dis sooo waar dat die duiwel altyd daarop uit is om ‘n mens aan te kla en te verkla en sleg te maak, maar dank die Here, Hy wat in ons is is sterker!

toortsie.com

Ek hoor duidelik in my kop: ‘Die duiwel soek om aan te kla, terwyl die Here soek om te vergewe.’

Ek sê: ‘O, dít moet ek onthou. Wie se woorde is dit?’

Toe word ek wakker.

Ek het ‘n bedrywige droomnag gehad. Was dit dus die heel laaste woorde van my droom, of die heel eerste gedagte van die dag, of iets tussenin?

Ongeag watter een van die drie dit was en of dit ‘n mengsel was en of dit my eie droomwoorde was en of dit woorde is wat iemand anders gesê het, wie ek nou nie weet wie dit is nie, dis ware woorde wat dalk vandag by my gaan bly.

Want dis ware woorde.

Die duiwel is altyd daarop uit om mense aan te kla, om mense sleg te maak, skuldig te verklaar, terwyl Jesus die Een van liefde is. Hy is die Een wat ons wil…

View original post 124 more words

O, die liewe geduld!

GEDULD. Nie een van my sterk punte nie. As jy in ‘n plek soos Postmasburg bly, moet jy baie geduld hê. Dis asof mense hier aan vertraagde reaksie ly. Veral die besighede. Mense is traag om jou te help. Party is sommer net moedswillig omdat jy blank is. Ek vat my kar in vir ‘n was. Tweede op die lys, dit behoort so ‘n uur, uur en ‘n half op die langste, te vat. Ek gaan eet solank ontbyt by Spur, maak ‘n draai by Jet en Shoprite, gee hulle genoeg tyd om klaar te maak. Wragtig, hulle druk 9 voertuie voor myne in! Ek het dit heeltemal verloor. Kry my geld terug en ry na die ander karwas toe. Vandag werk daar net drie mense in plaas van die 7 wat altyd hier is. Hier staan 3 karre, myne in die wash bay. ‘n Halfuur later besef die een hy moet nou seker myne ook begin was…. en hy was so laaaaaaaaank!! Dan eers na die dry bay toe vir binne se skoonmaak. Intussentyd voel dit vir my ek kan ‘n dosyn eiers in my alie gaarmaak! My hele dag is in sy glory in en ek is so geïrriteerd ek kan ‘n ystervark heel insluk. Kry net flippen lewe en maak klaar!!

Ek het nie tyd vir hierdie mentaliteit wat mense het en dink hulle hoef die minimum te doen, maar die wêreld skuld hulle alles nie. Hierdie slagoffer-mentaliteit en “ek is geregtig op….”-mentaliteit. Roer jou agterstewe, man, doen jou werk en maak iets van jouself soos die res van ons.

G’n wonder ek ontwikkel al hoe meer die neiging om net elke dag ‘n paar mense te verwurg nie!

Nie baie voorbeeldig van my nie, né.