Gedagte vir die dag

Westcott het geskryf: “Ons situasie is volgens ons besonder moeilik. Verleidinge en versoekinge is baie en kragtig. Daar is geen kwartier waarvan ons soos in onmiddellik hulp van ontvang nie. Maar laat ons nie twyfel nie. Die gevoel van ons behoeftes is die toestand van God se hulp. Hy vat nie die behoeftes weg nie, maar Hy sal dit eerder bevredig. Hy verwyder nie die versoekings nie, maar Hy gee ons eerder die krag om dit te oorwin. Hier en nou, in wat ookal ons woestyn is, sal Hy ons brood wees.

xxx

Advertisements

Waar sal my hulp vandaan kom?

Ek kyk op na die berge en ek vra myself af: Van waar sal iemand kom om my te help? Wie in hierdie lewe sal my kan help? Niemand nie. Nie ‘n mens nie want mense is onbetroubaar. Dit is net die Ho├źrhand wat my sal help. En Hy sal keer dat nie een van my dogters sal val nie. Hy sal hulle beskerm, Hy slaap nooit. Hy sal altyd langs hulle wees – dag en nag; en hulle beskerm teen gevaar en verlos van alles wat sleg is.

Hiervan is ek seker: dat hulle lewens veilig in Sy hande sal wees want die Ho├źrhand sal hulle beskerm oral waar hulle gaan, nou en vir altyd.

(Verpersoonliking van Psalm 121)

xxx