‘Spring clean’ deur die emosionele winters

Luister, ek weet nie wat is die korrekte afrikaanse term vir ‘spring clean’ nie; maar ek het na verwante woorde gaan kyk wat sinoniem is daarmee: reinig, ontsmet, verwyder, disinfekteer, uitploeg, ontwortel, netjies maak, blink vryf, opknap. Ek dink julle kry die idee. Die rede hoekom ek dit noem is omdat ‘n vroutjie my onlangs gevra het: Hoe het jy deur jou dro├ź seisoene gekom? Sy praat natuurlik van die emosionele winters; die dooie tye in ‘n mens se lewe…. Want dis mos wat winter is: dood en vaal en saadjies gaan in die grond en gaan dood. Maar nie vir altyd nie.

Ek is nie ‘n wintermens nie. Het julle geweet daar bestaan iets soos seisoenale depressie? Dis iets wat ek gehad het. Mens kry dit so net voor die winter en dan hou dit gewoonlik so ses maande aan. Hierdie is die eerste jaar na sewe wat ek dit nie gekry het nie.

Om te antwoord op jou vraag vriendin, hoe ek deur my emosionele winters gekom het? Ek het begin by my huis en my tuin; en leer voortdurend my grootste lewenslesse daaruit. Net soos wat ek beplan om my huis en my tuin te spring clean, so neem ek dieselfde aksies vir myself ook. Dis egter nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie; moenie dink na eenkeer se skoonmaak is die emosies en gesondheid als reg nie. Nee, hierdie is ‘n gereelde ding wat jy voortdurend moet doen om jou pad vorentoe oop te kap.

Toe ek nou die dag bietjie in my tuin rondvroetel en onkruid uittrek (en ek hou nie altyd daarvan om onkruid uit te trek nie, want mens kry die mooiste onkruid!) – maar terwyl ek van die onkruid uitgetrek het, toe kry ek die gedagte dat onkruid nie juis energie vermors om hulle plekkie in die son te vind nie; hulle groei net! En ons? Waarop vermors ons ons energie? Hoekom so baie energie bestee waar dit geen vrug kan dra nie? Watter gewoontes is nie meer goed vir ons nie? Waar en hoe kan ons ons tyd beter bestee?

Soos ons kinders wat nie met ons wil kontak maak nie. Ons as ouers probeer altyd van tyd tot tyd uitreik na ons kinders; net om aan hulle te bevestig dat ons vir hulle lief is en dat ons enige tyd kontak sal verwelkom van hulle kant af; maar wanneer daar niks van ons boodskappe of geskenke kom nie behalwe ‘n koue skouer, affrontering, slegs├¬ery, en swartsmeerdery – dan is dit tyd om ‘n verandering te maak.

Die winter is op die voorstoep, so ons klerekaste kort ‘n goeie skoonmaak en regpak. Ons gedagtes ook. ‘n Goeie organisering het nog niemand skade gedoen nie. Let op wanneer die hartseer gedagtes insluip en jou gedagtes na diep en donker plekke dwaal op moedersdag of verjaarsdae of Kersdag. Beplan vooruit om daardie ou gedagtepatrone teen te staan. Besluit dat van nou af sal dinge anders wees. Gee aan jou dro├ź seisoen nuwe lewe ­čÖé Die tye wanneer jy af voel kan doen met bietjie struktuur; soos die kaste en laaie in jou klerekas waar elke ding in sy plek is. Maak planne vir familie en vriende, stokperdjies, reis, ens. Begin klein. Selfs klein veranderinge kan struktuur vir ‘n groot positiewe verandering skep.

‘n Ouma wie se kleinkinders hulle afgesny het van haar af, s├¬ sy het begin om vroeg op te staan, te bad en aan te trek sodat sy teen agtuur soggens reg is. Sy s├¬ sy voel sommer tonne beter as sy vroeg op en aan die gang is met haar aktiwiteite; want dit help haar om nie heeldag in haar slaapklere te loop en haarself jammer te kry nie.

‘n Pa vertel dat hy elke aand sy kalender deurgaan en planne vooruit maak vir die week. Hy gaan kuier vir ‘n vriend, gaan gim toe, bybelstudie toe, gaan eet uit, ens. Dit help hom om uit te sien na die volgende dag.

Ek het ophou rook; nuwe stokperdjies gekry en begin met kursusse om myself te bekwaam. Dit het my gehelp om die wintersvel vir goed af te skud. Moedersdag is Ouma Anna by my. Ons gaan dit sommer ‘n braaidag maak. Ek weet nie of sy volgende Moedersdag nog met ons sal wees nie; maar ek weet wel dat as ek myself op Moedersdag gaan sit en bejammer, ek die geleentheid gaan mis om die dag vir haar spesiaal te maak.

So liewe mens, gaan kyk maar net na die blomme in jou tuin en besluit vir jouself: Ek gaan ook nou my gesig na die son draai; en blom, en groei! Reik uit na dinge en mense wat jou gelukkig maak. Bestee jou energie op maniere wat jou sal help om betekenis en blydskap te vind. En moet nooit ophou waak teen die ou gewoontes wat soos tuinslakke hulle pad sal probeer terugvind nie. Pluk hulle uit voordat hulle skade kan doen!

xxx

Advertisements

Die inspirasie van die see

Die see is ongetwyfeld manjifiek. Formidabellik. Meesterlik. Ek is werklik op my gelukkigste as ek op die strand staan en oor die see uitkyk. I love not man the less, but nature more, het Lord Byron geskryf. Ek voel s├│. Ek vind my grootste inspirasie langs die see. Om in die teenwoordigheid daarvan te wees laat my weer gering voel. Nederig. Sonder eiewaan. Pretensieloos. By die huis en werk dra ek maskers; maar hier langs die see is ek myself.

Dis die geluid van die golwe en die reuk van soutwater en seelug; die manier hoe die son oor die water skyn en die refleksie van die wolke; die kleur van die blou water op die wit sand is elke keer opnuut beeldmooi.

‘n Paar gedagtes druk op my hart as ek so na die see sit en staar; wat kan ek leer? Want die natuur bly maar een van die beste leermeesters.

We must free ourselves of the hope that the sea will never rest. We must learn to sail in high winds. (Aristotle Onassis)

The sea does not reward those who are too anxious, too greedy, or too impatient. One should lie empty, open, choiceless as a beach – waiting for a gift from the sea. (Anne Morrow Lindbergh)

Wanneer laas het ek ‘n stil oomblik van niksdoen soos hierdie gehad: net sit en kyk na die see? En weer dink ek aan my dogters; dat ons na dieselfde see kyk, maar dat daar ‘n ontbrekende gedeelte is; ‘n leemte; ‘n onvoltooide werk; ‘n tussenpose. Maar dis nie noodwendig die einde nie. Daar is altyd deurbrake ook; nuwe beginne; welvaart en voorspoed. Die breek van een golf verklaar nie die hele oseaan nie.

So let there be spaces in our togetherness and let the winds of heaven dance between you. Love one another but make not a bond of love: let it rather be a moving sea between the shores of your souls. (Khalil Gibran)

Ek dink ook aan die werk; hoe moeilik en ongunstig dit die laaste tyd geword het. Dis ‘n daaglikse stryd van weet nie watter kant toe nie. Dis soos die see. Besluit watter golf jy gaan ry en watter golf nie. Party golwe is groot, ander klein. Partykeer is die see kalm en ander kere nie. Die werk en ‘n mens se loopbaan vorentoe is beslis nie een glansryke marspas opwaarts nie!

The fishermen know that the sea is dangerous and the storm terrible, but they have never found these dangers sufficient reason for remaining ashore. (Vincent van Gogh)

Anybody can pilot a ship when the sea is calm. (Navjot Singh Sidhu)

As ek my sin kon kry, sou ek op ‘n eiland ver van die beskawing gebly het; en net so af en toe land toe gaan vir ‘n reality check !

xxx

Wonders vir die siel

Dit maak nie saak waar in die wêreld jy bly nie. As jy tyd buite in die natuur spandeer, doen dit wonders aan jou siel. Ons was by Bloemhofdam die naweek en met Vrydag laatmiddag se aankoms, toe word ons só ontvang:

Alex Trebek het geskryf, “As Moeder Natuur nie jou asem kan wegslaan nie, dan is daar iets fout met jou.” Dis darem wraggies so. Die natuur leer ‘n mens so baie, dit stel nooit teleur nie; en die kosbaarste les vir my is altyd dat die natuur sy eie gang gaan. Niks forseer dit nie. Niks jaag dit aan nie. Alles gebeur op sy bepaalde tyd. Die natuur volg sy eie tempo en momentum.

Nature does not hurry, yet it accomplishes everything. (Lao Tzu)

Nooit haastig nie, maar elke doelwit altyd verwesenlik; elke proses tot volle gang; alles wat tot stand moet kom, kom tot stand. Wild, ongetem, onbeheers, gevaarlik; en tog sonder haas en sonder drif. Sonder om opvlie├źrig of humeurig te raak. Niks onverwags, skielik of oorhaastig of halsoorkop of impulsief nie.

En ons? Ons dryf en jaag maar voort; al sukkelende en struikelende. Moreel en sedelik vervalle. Ontaard, afgedwaal. Ons konkel, verwoes, breek af….

Waar mis ons die aanvang? Want die mensdom het ‘n groot agterstand.

­čś¬