‘n Onsterflike versiering

Vrou-wees is nie ‘n grap nie. Ouer word ook nie. Dit kom met soveel uitdagings en veranderinge, die hemel weet, om by te bly vandag is ‘n enorme taak! Dis ‘n crispy-besigheid dié want alles wat kan kraak, kraak; en alles wat kan plooi, die plooi.

Ek en Riaan volg elke week die mooimaak program, Glam Guru – “Mooimaak in ‘n botteltjie of buisie”, soos Hannon sal sê. Ek hou van sy programme, hy gee lekker mooimaak wenke wat prakties is vir elke dag se gebruik. Daar is deesdae ‘n hele paar sulke mooimaak programme wat meer goed behels soos suurstof inspuitings en chemiese afskilfering en laserbehandeling…. Dis nie vir my nie, maar ek haal my hoed af vir vroue wat kans sien daarvoor.

Maar as ‘n mens mooi dink daaroor en jy jouself die vraag afvra: Waarop maak jy staat om jouself mooi te laat lyk? Dan kom gedagtes na vore soos mooi klere, grimering, juwele, ‘n moderne haarstyl, akriel of gel naels met naelkuns op, getattoeërde wenkbroue, ens. Party van ons probeer ‘n gesonde leefstyl handhaaf, ander spandeer geld op skoonheidsprodukte en behandelings. Elke vrou het maar haar goedjies en grilletjies wat sy vir haarself doen om mooi te lyk.

Mooi was nog nooit lelik nie, maar maak dit regtig saak as ons uiterlike voorkoms dag na dag stadig besig is om te vergaan?

Ek glo dis die punt wat Petrus by die vroue in sy tyd probeer tuisbring het in 1 Petrus 3:4-5. Hulle het in die era van die Romeinse ryk geleef en in daardie tyd was vroue blykbaar baie behep met hulle hare. Glo dit of nie, maar hulle het toe ook al hare gekleur en hulle was lief daarvoor om pruike te dra, veral blonde pruike.

Nie dat daar enigsins iets verkeerd daarmee was nie. Petrus het nie gesê hulle mag nie so lyk nie. Hy het nie uiterlike versierings verbied, of gesê vroue mag nie hul hare mooi maak of juwele dra of mooi klere aantrek nie. Nee. Wat hy wel in sy brief aan medegelowiges probeer oordra het, is dat Christen-vroue se uiterlike versierings in matigheid behoort te wees. ‘n Christen-vrou se fokus en prioriteit behoort altyd op die versiering van die innerlike te wees, en nie die uiterlike nie. Vir Petrus was dít wat mense van buite af kon raaksien, nie ware skoonheid nie. Hy het ware skoonheid geag as dít wat van binne af uit kom: wie jy is, nie wat jy in ‘n spieël kan raaksien en optof nie.

In vandag se terme sou Petrus ook nie uiterlike versierings verbied het nie, maar hy sou wel by sy standpunt gebly en dit beklemtoon het dat ‘n vrou se mooiste eienskappe nie uiterlik van aard is. Haar innerlike versiering moet die bron van haar ware skoonheid wees:

Die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees….

Innerlike skoonheid is blywend. Niemand kan dit van jou af wegvat nie. Dit verouder nie. Dit kan nie vergaan of uitsterf nie. Inteendeel, onverganklike skoonheid raak net beter hoe ouer jy word. Soos goeie wyn; en goeie wyn het nie ‘n krans nodig nie, sê die spreekwoord. Innerlike skoonheid is baie meer waardevol as die dinge wat uiterlike skoonheid bevorder; en iets wat goed is hoef nie geprys te word nie.

Petrus beskryf die karakter van ware skoonheid as “‘n sagmoedige en stille gees”. Dit beteken om sag en vriendelik te wees. Beskeie. Om ‘n kalm en rustige gemoed te handhaaf. To be calm and self-controlled; not overanxious; but serene and spiritually mature (Amplified).

Dis ironies dat hierdie karaktertrekke nêrens vandag in ons kultuur aangemoedig of bevorder word nie…. En tog is dit baie kosbaar vir God.

Petrus se brief aan vroue duisende jare gelede, is vandag nog net so relevant. Ongeag die verskil in eras eeue uitmekaar, die beginsel staan vas soos God se Woord altyd vas bly staan: Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na die binnekant.

Nie wat die mens sien, sien God nie, want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan (1 Sam 16:7).

Hemelse Vader, ons kom voor U – nie net as vroue nie, maar ook as U dogters; en ons bring ook ons dogters en hulle dogters voor U. Gee dat ons nie spandabelrig sal wees en ons tyd en geld uitbundig sal spandeer op nuttelose en waardelose dinge nie; maar dat ons onsself sal beklee met die onverganklike wat die hart versier en ons sal mooi maak van binne af. Help ons om ons harte en ons denke in orde te kry en in lyn met U woord; sodat wanneer die versoekings ons wil oorval met gedagtes en begeertes na die maatstawwe van die wêreld daarbuite, dat ons die regte keuses sal maak. Amen

Versoekings lyk altyd aantreklik en mooi toegedraai in kortstondige beloftes van self-tevredenheid; self-liefde; self-voldaanheid; self-verheffing; self-bewondering…. Maar ons het nie hierdie dinge nodig om ons te klassifiseer nie. Die Here gee vir ons iets wat baie meer waardevol is; wat tydloos en onsterflik is: die onverganklike versiering vann sagmoedige en stille gees; en in Sy oë is dit die kosbaarste juwele wat ‘n vrou kan dra.

xxx

Amen & Koebaai

Ek kry vanoggend die stukkie op whatsapp en dit is so besonders. Mag dit vir iemand anders ook iets beteken xxx

Amen en koebaai…

Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe: die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg, en dan opstaan en die dag voluit aanpak… En dan is daar die amen en koebaai bid. Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie, en sommer net rou emosie is: verlang wat te veel word, vrees vir dinge wat wag, hartseer oor dinge wat gebeur het. En as mens so voor die Here ‘voel’, wil mens nie amen sê nie. Want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik. Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas, weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie. Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê… Op amen en koebaai dae, mag jy maar net stil by Hom sit en Hom vra om vir jou lief te wees. Op amen en koebaai dae, mag jy jou oë toemaak en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou. Op amen en koebaai dae mag jy maar jou kop teen Sy bors laat sak, en jou huile huil. Op amen en koebaai dae maak dit nie saak of jy amen sê nie, want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, het gesê: “Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer van verlang na n geliefde nie, nie vir die spoke van die verlede of die uitdagings wat voorlê nie), want Ek is by jou. Altyd.”

Amen & Koebaai

Ek kry vanoggend die stukkie op whatsapp en dit is so besonders. Mag dit vir iemand anders ook iets beteken xxx

Amen en koebaai…

Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe: die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg, en dan opstaan en die dag voluit aanpak… En dan is daar die amen en koebaai bid. Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie, en sommer net rou emosie is: verlang wat te veel word, vrees vir dinge wat wag, hartseer oor dinge wat gebeur het. En as mens so voor die Here ‘voel’, wil mens nie amen sê nie. Want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik. Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas, weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie. Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê… Op amen en koebaai dae, mag jy maar net stil by Hom sit en Hom vra om vir jou lief te wees. Op amen en koebaai dae, mag jy jou oë toemaak en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou. Op amen en koebaai dae mag jy maar jou kop teen Sy bors laat sak, en jou huile huil. Op amen en koebaai dae maak dit nie saak of jy amen sê nie, want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, het gesê: “Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer van verlang na n geliefde nie, nie vir die spoke van die verlede of die uitdagings wat voorlê nie), want Ek is by jou. Altyd.”

Geseënde Mamma’s dag!

Die mammas en oumas wat ek ken en wat ek so op my pad leer ken het almal een ding in gemeen: hulle lewe voluit en hulle demonstreer onvoorwaardelike, onselfsugtige liefde. It’s a God-thing.

IMG-20180513-WA0005

My ma was altyd daar vir my op my lewenspad. Haar liefde en gebede het my altyd terug gebring huistoe wanneer ek die pad byster geraak het. Terug na ons Hemelse Vader toe. Haar kinders en haar kleinkinders is haar alles, en sy sal haar alles gee vir ons.

IMG-20180513-WA0002

Ma, ek weet die pad wat jy gestap het was nie altyd maklik nie, maar Ma is vandag sterker ten spyte van daarvan. Deur voorspoed en teëspoed het Ma die persoon gebly wat haarself misken het ter wille van ons. Niks was ooit te swaar of te moeilik of te duur of te veel of te min nie. Uit niks het Ma alles gegee en gedoen. Met min het Ma ons deurgedra.

cc6ea88a79ef7659fd8a156d4725d795Geniet hierdie dag en elke dag, lief vir Ma ❤

IMG-20180513-WA0004

Dankie vir elke mamma en ouma wat so baie vir julle gesinne doen. Julle is super spesiaal!

IMG-20180513-WA0003

xxx

By die waters

Ons kamp by Bloemhofdam die naweek. Die dam is mooi vol teenoor die ongeveer 26% so ‘n jaar of wat gelede. Mens kan nie glo wat water aan ‘n plek kan doen wat  droog en dor en leweloos was nie. Dit laat my dink aan wat Jesaja geskryf het:

“Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ‘n tuin wat genoeg water kry, soos ‘n fontein wat altyd aanhou vloei.”

The following extract from Campbell (African Light), may illustrate this passage: ‘In a hot climate, where showers seldom fall, except in what is called the rainy season, the difference between a well and ill watered garden is most striking. I remember some gardens in Africa, where they could lead no water upon them, the plants were all stinted, sickly, or others completely gone, only the hole left where the faded plant had been. The sight was unpleasant, and caused gloom to appear in every countenance; they were pictures of desolation. But in other gardens, to which the owners could bring daily supplies of water from an overflowing fountain, causing it to traverse the garden, every plant had a green, healthy appearance, loaded with fruit, in different stages toward maturity, with fragrant scent proceeding from beds of lovely flowers; and all this produced by the virtue God hath put into the single article of water.’

Die fonteine van vergifnis, vrede en blydskap is altyd oop en tot oorlopens toe vol. Die strome van verlossing vloei altyd. Die moeë pelgrim mag enige tyd daar gaan vertoef, maak nie saak hoe ver die reistog of hoe diep die slyk van sonde nie; of hoe dikwels ons daarheen gaan nie. God se water van rus; Sy strome van seën; Sy fonteine van vergifnis; Sy dou van genade faal nooit. Dit hou nooit op met vloei en droog nooit op nie. Dit is tot in ewigheid.

En dit is Sy woord, nie net vir vandag nie, maar vir elke dag.

Bly by die water xxx