Seahabilitated :-)

Advertisements

Die inspirasie van die see

Die see is ongetwyfeld manjifiek. Formidabellik. Meesterlik. Ek is werklik op my gelukkigste as ek op die strand staan en oor die see uitkyk. I love not man the less, but nature more, het Lord Byron geskryf. Ek voel só. Ek vind my grootste inspirasie langs die see. Om in die teenwoordigheid daarvan te wees laat my weer gering voel. Nederig. Sonder eiewaan. Pretensieloos. By die huis en werk dra ek maskers; maar hier langs die see is ek myself.

Dis die geluid van die golwe en die reuk van soutwater en seelug; die manier hoe die son oor die water skyn en die refleksie van die wolke; die kleur van die blou water op die wit sand is elke keer opnuut beeldmooi.

‘n Paar gedagtes druk op my hart as ek so na die see sit en staar; wat kan ek leer? Want die natuur bly maar een van die beste leermeesters.

We must free ourselves of the hope that the sea will never rest. We must learn to sail in high winds. (Aristotle Onassis)

The sea does not reward those who are too anxious, too greedy, or too impatient. One should lie empty, open, choiceless as a beach – waiting for a gift from the sea. (Anne Morrow Lindbergh)

Wanneer laas het ek ‘n stil oomblik van niksdoen soos hierdie gehad: net sit en kyk na die see? En weer dink ek aan my dogters; dat ons na dieselfde see kyk, maar dat daar ‘n ontbrekende gedeelte is; ‘n leemte; ‘n onvoltooide werk; ‘n tussenpose. Maar dis nie noodwendig die einde nie. Daar is altyd deurbrake ook; nuwe beginne; welvaart en voorspoed. Die breek van een golf verklaar nie die hele oseaan nie.

So let there be spaces in our togetherness and let the winds of heaven dance between you. Love one another but make not a bond of love: let it rather be a moving sea between the shores of your souls. (Khalil Gibran)

Ek dink ook aan die werk; hoe moeilik en ongunstig dit die laaste tyd geword het. Dis ‘n daaglikse stryd van weet nie watter kant toe nie. Dis soos die see. Besluit watter golf jy gaan ry en watter golf nie. Party golwe is groot, ander klein. Partykeer is die see kalm en ander kere nie. Die werk en ‘n mens se loopbaan vorentoe is beslis nie een glansryke marspas opwaarts nie!

The fishermen know that the sea is dangerous and the storm terrible, but they have never found these dangers sufficient reason for remaining ashore. (Vincent van Gogh)

Anybody can pilot a ship when the sea is calm. (Navjot Singh Sidhu)

As ek my sin kon kry, sou ek op ‘n eiland ver van die beskawing gebly het; en net so af en toe land toe gaan vir ‘n reality check !

xxx

Gelukkige verjaarsdag, Manèe ! 💟💟💟

Sjoe my kind, die tyd stap aan. Jaar in en jaar uit; geen periode is meetbaar nie; en jy sal agterkom soos jy ouer word, dat tyd al vinniger uitloop en dat jy geleenthede moet skep vir die kosbare dinge in die lewe.

Koop die tyd uit, my kind. Jy het so ‘n mooi hart en jy was nog altyd een wat meer vir ander omgegee het; wat graag versorg het; opgepas het; beskerm het. Dis een van die wonderlike gawes wat God in jou geplaas het: gebruik dit tot Sy eer.

O kind van Gods liefde,

Verswaar nie jou skuld

Gedenk Gods genade

Sy liefd’ en geduld

Bedroef dan nie langer

Die Heilige Gees

Dat in jou die Heiland

Verheerlik mag wees !

Geniet jou verjaarsdag my kind. My liefde vir jou is veel dieper as wat jy ooit sal verstaan.

Mammie xxx

Be the best of whatever you are!

by Douglas Malloch

If you can’t be a pine on the top of the hill

Be a scrub in the valley

But be the best little scrub by the side of the rill

Be a bush if you can’t be a tree

If you can’t be a bush

Be a bit of the grass

And some highway some happier make

If you can’t be a muskie then just be a bass

But be the liveliest bass in the lake

We can’t all be captains

We’ve got to be crew

There’s something for all of us here

There’s a big work to do and there’s lesser to do

And the task we must do is the near

If you can’t be a highway

Then just be a trail

If you can’t be the sun

Be a star

It isn’t by size that you win or you fail

Be the best of whatever you are!

Gee iemand hoop

Tydens die Nazi regime van Hitler, het ‘n verslaggewer die Eerste Minister Winston Churchill, gevra wat sy land se grootste wapen was nadat hy Brittanje deur die donkerste oomblikke van die Tweede Wêreld Oorlog gelei het. Sonder om te huiwer het Churchill geantwoord: “Dit was nog altyd Engeland se grootste wapen – HOOP.”

Hoop is een van die kragtigste, mees lewenslustige en lewegewende woorde in enige taal. Dit is iets wat ons die moed en energie gee om aan te gaan deur die slegte tye van die lewe.

Dit word gesê dat ‘n persoon 40 dae sonder kos kan leef; 4 dae sonder water; 4 minute sonder suurstof; maar slegs 4 sekondes sonder hoop.

Oppad werk toe vanoggend het iemand vir my hoop gegee; iemand van wie ek dit glad nie verwag het nie. Soos die barmhartige Samaritaan.

As jy mense wil help om te wen, word ‘n gewer van hoop.

xxx

Ek gaan my sielkundige mis

Vandag het my sielkundige en ek besluit dis nie meer nodig vir terapie nie. ‘n Jaar gelede het ek eerlikwaar nie gedink ek gaan ooit weer die lig sien nie; maar ek moet regtig sê die terapie was suksesvol en sy is baie beindruk met hoe ek die laaste tyd my selfvertroue teruggekry en gegroei het.
Sy het my deur die donkerste en moeilikste tye van my lewe gehelp, en hier is ek nou. Dis nou tyd om op my eie verder te funksioneer. Maar ek gaan haar baie mis en ek hoop regtig nie daar bestaan iets soos ‘n “painful post termination phase” nie!

Ek wil vir elke sielkundige, terapeut, berader, ensovoorts daarbuite baie dankie sê vir hulle toegewyde hulp. ‘n Mens stap ‘n pad saam met so iemand en in hulle spreekkamers kan jy sê wat jy wil en uitvaar soos jy wil en soveel huil as wat jy wil…. dinge wat by die huis of by die werk dalk minder goeie gevolge sou gehad het.

Ander mense dink hulle is ‘n mors van tyd en geld. Ek dink hulle is amazing.

xxx