Staan op!

Almal kry af en toe akkie-dae. Elke een van ons. Maak nie saak hoe bitter graag ons daarna streef om perfek te wees nie; maak nie saak hoe baie dinge ons onsself voorgeneem of beloof het nie. Dinge werk partykeer net nie so uit nie. Alles kan nie in een dag gebeur nie – en dis bakgat! ­čÖé

Mens noem dit realisties. Jou dag was aaklig. Tel jouself op. Die kans is goed dat jy meer bereik het as wat jy dink jy het, so jy is nou net onnodig hard op jouself of op iemand anders. Vandag by my was ietwat van ‘n debakel. Maar, s├¬ ek vir myself, more is ‘n nuwe dag. Ek sal weer opstaan en weer my kop optel.

As jy ook ‘n akkie-dag gehad het, onthou net: ons ingesteldheid is ons mees onderskatte, ondergewaardeerde, stilswygende bate. Dalk as ons ons ingesteldheid verander, sal alles daarbuite saam met dit verander.

xxx

Advertisements

3 thoughts on “Staan op!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s