Watter kant?

Om nie eers te praat van die vis wat ons in Egipte verniet gekry het nie! En wat van die komkommers en waatlemoene, ja, selfs preie, uie en knoffel, net soveel as wat ons wou hê. (Num 11:5, DB)

Ek het ‘n kollega by die werk. Haar lewensdae bestaan uit kla. Dierbare mens, maar baie ontevrede. Niks is nooit na haar sin nie. En weet julle hoe aansteeklik is kla? As jy jou kry, kla jy net so hard saam!

Al ooit gepruttel oor die goed wat jy nie kan h├¬ nie? Maak mens nogal beswaard n├ę ­čśë Die vleispotte van Egipte! Daar is altyd iets wat ‘n mens wil h├¬, maar nie kan kry nie; en dan kla ons daaroor. Met die witbrood onder die arm. En eintlik is kla maar net ‘n handvol wind: nutteloos.

“Vis, waatlemoene, komkommers, preie, uie, en knoffel…. [En] hier krepeer ons [nou] van die ellende en al wat ons het om te eet is manna, dagin en daguit!” Vat dit van wie dit af kom: daardie onverstandige en ondankbare mense wie se storie ons so goed ken. Onthou hoe geduldig God met hulle was; wil ons regtig saam met hulle kragte span? Elkeen van ons begeer soms die visse, komkommers en waatlemoene van die lewe – dinge wat ons nie het nie, maar graag wil h├¬. Dis menslik. Maar net omdat dit menslik is, is dit nie noodwendig goed en reg so nie.

Daar is ‘n ander kant ook.

Ons het immers niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons kan ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees. (1 Tim 6:6-8, NLV)

Ons m├│├ęt leer om kant te kies. Ons kan nie aan albei kante wil leef nie; die twee meng nie.

So, kies.

xxx

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s