Vroeg Mei

In ons groepie is daar ‘n streep wat jy regdeur elke ouer se hart kan trek. Ons maak nie daarop staat nie, maar ons sou graag die woorde wou hoor: “Jammer Mamma, dat ek jou seergemaak het”. Want ons kan nie genoeg sê hoe jammer ons is nie; maar vergifnis kom nie so maklik na ons kant toe nie. Of glad nie. Terwyl ons laaaaaankal vergewe het – sonder voorwaardes. Want dis wat ouers doen. Hulle vergewe. Onvoorwaardelik.

Tyd stap aan. Die lewe staan nie stil nie. Moedersdag is alweer om die draai. Ek het oor die laaste 7 jaar aanvaar dat daar geen ander weg uit hierdie pyn is nie: behalwe om my dogters se besluite te aanvaar. Die probleem met volwasse kinders wat hulleself van hul naaste familielede vervreem is van epidermiese proporsie; maar ‘n mens besef dit eers later wanneer jou hart vir die soveelste keer in tienduisend stukkies breek. Soos baie ander ouers dink jy, jy is die enigste een; en dis nie iets waaroor jy graag praat nie. Mense kyk jou skeef aan. Blameer jou. Kritiseer jou. Dis ‘n konsep wat niemand verstaan nie; want niemand dink dit sal ooit met hulle gebeur nie. Ek wens dit nie vir my grootste vyand nie, want dis ‘n skok en vernedering en hartseer wat mens vir niemand kan beskryf nie.

Pas jouself op. Een dag op ‘n slag. Baklei vir jouself, en jou toekoms. Jou verwagtinge, doelwitte en drome mag dalk voorheen deur jou vingers geglip het. Moenie dat dit weer gebeur in die tyd wat jy nou oor het nie.

Ons moet leer om Ma’s te wees vir onsself ook; om onsself by die hand te neem soos ons ons kinders se hande voorheen in ons s’n geneem het; en onsself vorentoe te lei. Om ons toekoms te vorm en te bou tot iets wat ons kan koester en liefhê. Doen dit vir jouself; en druk deur daarmee. Moenie moed opgee nie; en moenie jou eie moederlike toewyding uitdoof nie.

Soos Moedersdag nader kom – en met elke ander Moedersdag – herinner ek myself daaraan dat ek nie ‘n boodskap gaan kry nie. Ook nie ‘n bos blomme of ‘n kaartjie nie. Ek wil nie hê my dogters moet belas word met selfverwyte of skuldgevoelens nie. Ek wil net vir hulle sê dat ek niks teen hulle hou nie en dat daar nog nooit onvergewensgesindheid in my hart teenoor hulle was nie. En die dag wanneer hulle besluit om weer kontak te maak, sal dit wees asof daar nog nooit iets slegs tussen ons gebeur het nie.

Want dis hoe Ma’s is. Ons vra nie vrae nie. Ons soek nie verduidelikings nie. Ons gooi ons arms oop en sit alles agter ons ten spyte van die seer.

Gelukkige amper-Moedersdag!!

xxx

Advertisements

5 thoughts on “Vroeg Mei

  1. “Ons moet leer om Ma’s te wees vir onsself ook; om onsself by die hand te neem soos ons ons kinders se hande voorheen in ons s’n geneem het; en onsself vorentoe te lei. Om ons toekoms te vorm en te bou tot iets wat ons kan koester en liefhê. Doen dit vir jouself; en druk deur daarmee. Moenie moed opgee nie; en moenie jou eie moederlike toewyding uitdoof nie.”
    Dis bêre wysheid. Gelukkige amper ma-dag vir jou ook.

    Liked by 1 person

  2. Ai Andorize, ek dink daar is baie meer mammas wat presies weet waarvan jy hier skryf as wat ons ooit jan dink. Sis ‘n hartseer wat ons diep in ons harte dra. Soos jy sê, dit jan jou enige oomblik oorkom. Onverwags.
    Sterkte vir jou en mag die deure vir jou oopgaan.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s