Die inspirasie van die see

Die see is ongetwyfeld manjifiek. Formidabellik. Meesterlik. Ek is werklik op my gelukkigste as ek op die strand staan en oor die see uitkyk. I love not man the less, but nature more, het Lord Byron geskryf. Ek voel só. Ek vind my grootste inspirasie langs die see. Om in die teenwoordigheid daarvan te wees laat my weer gering voel. Nederig. Sonder eiewaan. Pretensieloos. By die huis en werk dra ek maskers; maar hier langs die see is ek myself.

Dis die geluid van die golwe en die reuk van soutwater en seelug; die manier hoe die son oor die water skyn en die refleksie van die wolke; die kleur van die blou water op die wit sand is elke keer opnuut beeldmooi.

‘n Paar gedagtes druk op my hart as ek so na die see sit en staar; wat kan ek leer? Want die natuur bly maar een van die beste leermeesters.

We must free ourselves of the hope that the sea will never rest. We must learn to sail in high winds. (Aristotle Onassis)

The sea does not reward those who are too anxious, too greedy, or too impatient. One should lie empty, open, choiceless as a beach – waiting for a gift from the sea. (Anne Morrow Lindbergh)

Wanneer laas het ek ‘n stil oomblik van niksdoen soos hierdie gehad: net sit en kyk na die see? En weer dink ek aan my dogters; dat ons na dieselfde see kyk, maar dat daar ‘n ontbrekende gedeelte is; ‘n leemte; ‘n onvoltooide werk; ‘n tussenpose. Maar dis nie noodwendig die einde nie. Daar is altyd deurbrake ook; nuwe beginne; welvaart en voorspoed. Die breek van een golf verklaar nie die hele oseaan nie.

So let there be spaces in our togetherness and let the winds of heaven dance between you. Love one another but make not a bond of love: let it rather be a moving sea between the shores of your souls. (Khalil Gibran)

Ek dink ook aan die werk; hoe moeilik en ongunstig dit die laaste tyd geword het. Dis ‘n daaglikse stryd van weet nie watter kant toe nie. Dis soos die see. Besluit watter golf jy gaan ry en watter golf nie. Party golwe is groot, ander klein. Partykeer is die see kalm en ander kere nie. Die werk en ‘n mens se loopbaan vorentoe is beslis nie een glansryke marspas opwaarts nie!

The fishermen know that the sea is dangerous and the storm terrible, but they have never found these dangers sufficient reason for remaining ashore. (Vincent van Gogh)

Anybody can pilot a ship when the sea is calm. (Navjot Singh Sidhu)

As ek my sin kon kry, sou ek op ‘n eiland ver van die beskawing gebly het; en net so af en toe land toe gaan vir ‘n reality check !

xxx

Advertisements

4 thoughts on “Die inspirasie van die see

  1. Ek ook, ek was so lanklaas by die see dat ek met heimwee vervul raak net as ek selfs daaraan dink. By die see is God se handewerk so tasbaar. Ek bid, vertrou en droom dat ek teen einde vlg jr myself permanent teen die see sal kan vestig. Net gou die laaste paar losdrade bymekaar maak dan is dit goodbye GP…

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s