Berge val op my

Hartverskeurend

WoordNoot

Een ding van ouer word, is dat mens eintlik nie meer heeltemal in voeling is met wat regtig vandag met ons kinders aangaan nie. Ons lees baie en ons hoor ons kinders praat, maar ons is nie meer so “hands-on” soos jare gelede nie. Meeste van ons se kinders is nou al groot met hulle eie gesinne.

My baas kind het onlangs na ‘n groter huis toe getrek. Groot tuin, massiewe e en baie ruimte in die huis vir haar twee seuns. Sy is regtig ‘n goeie mamma. Haar kinders lees, hulle mag nie enige ding op TV kyk nie, neem deel aan sport en sy help hulle daagliks met hul huiswerk. In vandag se tyd, word haar kinders baie beskermd groot.

Met die dat hulle meer plek het, vra haar oudste of hy asseblief ‘n paar maatjies kan nooi om oor te slaap. Sy stem in. Ek vra hoeveel…

View original post 312 more words

Advertisements

Hoe lief jy jouself??

Dis Valentynsdag en dis die maand van liefde; en wanneer ons van ons kinders afgesny is, het ons al die liefde nodig wat ons kan kry!

For people who have been badly hurt, love seems a long way away.

Dis nie selfsugtig om jouself lief te hê nie. Ons weet nie altyd hoe nie, maar daar is maniere….

Kyk goed na jouself en pas jouself op

Wees medelydend en geduldig met jouself

Weet waar lê jou sterkte in tye van teenspoed

Wees teenwoordig in elke oomblik, moenie dat die lewe verby jou gaan nie

Deel elke dag ‘n bietjie geluk uit

Herinner jouself dat dit beter is om te gee as om te ontvang

En vier die liefde!

Gelukkige Valentynsdag vir almal!

Veral aan die Mammas, Pappas, Oumas en Oupas wat afgesny is van hul kinders en kleinkinders. Baie liefde vir julle xxx

My ouma Anna

Dit is vir my ‘n groot voorreg om na my Ouma Anna te help omsien. Sy was ongeveer twee jaar gelede na die ouetehuis in Postmasburg geskuif, maar ek het eers onlangs met haar kontak gemaak. Ons het vir baie jare nie van mekaar se doen en late geweet nie, ook maar as gevolg van familietwiste. Maar nou is sy weer terug in my lewe op die ouderdom van 92 – en ek glo dit is nie toevallig dat ek juis in die woonstel reg langs die ouetehuis ingetrek het nie!!

Ek gaan besoek haar gedurende die week wanneer ek ‘n tydjie kan afknyp; en meeste van die naweke gaan haal ek haar om by my te kom kuier. Mense by die werk en in die kerk het my gewaarsku, ek weet nie waarvoor ek myself inlaat nie, dit is ‘n groot verantwoordelikheid. Een tannie het selfs die opmerking gemaak dat ek vir myself en my ouma ‘n baie groot onreg aandoen. Ek probeer nog daardie som maak….

Ek weet dit is ‘n groot verantwoordelik om na ‘n bejaarde om te sien, en dit nog op so ‘n hoë ouderdom ook. Ouma Anna is verswak en sy kan baie min vir haarself doen, so sy het algehele hulp en sorg nodig. Ek stry nie, dis ‘n groot uitdaging, maar in geen opsig ‘n las nie. Niemand kan vir ons geliefdes sorg beter as ons self nie; en die rol van versorger is een wat die liewe Vader in die Hemel spesiaal vir ons uitkies.

Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe ‘n groot voorreg dit vir my is om vir Ouma in haar laaste tyd hier op aarde te help versorg nie. Wat ‘n wonderlike geleentheid om my verhouding met haar te kan verdiep, en die lewe vir haar so gerieflik as moontlik te kan maak. Om te dink, as dit nie vir ‘n familietwis was nie, sou ek dalk nooit hierdie kans gehad het nie; en die hele situasie het my laat reflekteer op die moontlikheid dat kleinkinders in vandag se tyd ‘n toenemende rol kan speel om hulle grootouers te versorg en te help in elke aspek van hulle lewens.

Buiten die geleentheid om ons verhouding met ons grootouers te verdiep, is dit ‘n verhouding wat anders is as ouer / kind verhoudings. Ek dink kleinkinders dra nie dieselfde baggasie as kinders wat te doen het met ‘n bejaarde ouer of ouers nie. My ouma laat my byvoorbeeld as haar kleindogter baie meer ruimte toe om besluite namens haar te neem, as haar seun of haar dogter.

Ouma Anna het ‘n ongelooflike sin vir humor. Kyk, sy is kwaai, maar sy laat nooit na om ‘n grap of twee te maak en ander te laat lag nie. Dan is daar die tye wanneer sy geirriteerd raak omdat sy haarself nie meer kan help nie; en sy soms net moedeloos sit en huil. Ek hoor baiemaal wanneer sy hier by my is en sy dink sy is alleen, hoe sy met die Here sit en worstel. Dan weet ek nie wat om vir haar te sê of hoe om haar te troos nie; ek is nie in haar posisie nie. Dan vat ek maar net haar hand in myne en sit stil by haar.

Ouma het my al ‘n paar gevra, het ek ooit gedink toe ek 5 jaar oud was, dat ek eendag na my 92-jarige Ouma sal omsien? Dan antwoord ek haar, Nee Ouma, nie in my wildste drome nie! Maar ek weet wel dat die trajek van nie net my lewe nie, maar ook my Ouma se lewe, verander het. My Ouma wou graag in haar jong dae ‘n verpleegster geword het, maar sy is verhoed om te gaan verpleeg. Sy het haar lewe lank na ander mense omgesien, tot op die ouderdom van 80, toe haar gesondheid letterlik oornag ingekonk het, en sy van daar af deur ander versorg moes word. Vandag 12 jaar later sukkel sy nog steeds om tot terme te kom daarmee. Ek dink dikwels aan Paulus wat baie maal vir die Here gevra het om die swaarkry en leiding van hom af weg te neem – die doring in sy vlees – en dan het God net geantwoord: “My genade vir jou is genoeg.”

Ek wil vir ander kleinkinders wat ook die voorreg het om na ‘n grootouer – of selfs ‘n ouer – om te sien, dit gaan oor baie meer as net ‘n blote plig. Dit gaan oor hoe om hulle te hanteer as hulle moeilik en hardkoppig raak; hoe om na jouself om te sien en te keer dat jy nie uitbrand nie; hoe om met hulle te ‘connect’ as hulle af en weerloos en hulpeloos voel…. Ons almal kry sulke dae; en as ons eers leer hoe om dit vir iemand anders beter te maak, is dit soveel makliker om dit vir onsself ook makliker te maak. Dit gaan oor hoe om die beste te maak van die tyd wat julle saam kan spandeer.

Daar is nie ‘n universele manier wat reg is om na iemand om te sien nie. Elke situasie is anders. Elke mens is en elke behoefte verskil. Dit is ‘n baie besondere reistog hierdie, vol hartseer en terselfdertyd blydskap; moegheid, tamheid, liefde, frustrasies, vervulling…. Maar op die ou end glo ek tog dat, om ‘n versorger te wees, seker een van die grootste gawes is wat ons kan gee – en dieselfde tyd kan terug ontvang ook.

Ons mislukkings

Dis ongetwyfeld die moeilikste area in ‘n mens se lewe – veral as dit diegene vir wie ons omgee en liefhet, affekteer en benadeel.

Dit is vir my ‘n geweldige vreugde, saligheid en trots nou dat my dogters uittree na die grootmenswêreld. Ek is vreeslik blygeestig en opgewonde daaroor dat hulle ‘n pragtige deel van hulle lewens gaan betree en ervaar…. Maar terselfdertyd pynig dit my ook om te weet dat daar areas van behoefte en sielewroeging in hulle lewens ook teenwoordig is – omdat ek as ouer hulle met tye gefaal het.

Maar dit moet ons altyd onthou: Selfs hierdie areas vorm deel van “alle dinge” wat God sal gebruik om Sy doel te bereik. So, wanneer gedagtes van mislukking by ons opkom en ‘n pad deur ons gewete forseer, moet ons net onthou dat SY vergifnis tot ons beskikbaarheid is; en dat dit in staat is om al ons spyt en al ons verwyte weg te vee. Hy wat ons liefhet en aanvaar net soos ons – en Sy goeie werke in en deur ons doen om ons meer te maak as wat ons is.

Hy verwag nie van ons of ons kinders om nou op hierdie oomblik afgehandelde produkte te wees nie. Hy wat ‘n goeie werk in ons begin het, sal dit voleindig (Fil. 1:6).