Ouervervreemding – en die Wet

In een van ons groepbesprekings nou die dag het iemand uitgevra oor ouervervreemding: Wat is ouervreemding? Wat sê die Wet oor ouervervreemding? Antwoord op die laaste vraag: Nie veel nie. Daar is so baie onkundigheid rondom die onderwerp; vir baie mense is dit so nuut soos môreoggend se nuusvoorblad, maar eintlik dateer dit heeltemal terug na die tuin van Eden. Maar in ons Familiewet kry dit ongelukkig nie erkenning nie.

Op die eerste vraag, wat is ouervervreemding?

Ouervervreemding is die sielkundige manupilasie van ‘n kind deur ongeregverdigde vrees, disrespek en haat teenoor ‘n ouer en ander familielede te demonstreer. Vervreemding sluit die volgende in:

  • Om die vervreemde ouer konstant en aanhoudend te kritiseer en verkleineer
  • Om die kind te verhoed om oor die ander ouer te praat, en om kontak te beperk of te verhoed
  • Om enige teenwoordigheid van die ander ouer uit die lewe van die kind te elimineer
  • Om die idee aan te moedig dat die ander ouer nie lief is vir die kind of nie die kind wil hê nie; dus word die kind forseer om tussen die ouers te kies
  • Om die kind te “dissiplineer” deur middel van dreigemente, of om liefde en aandag te onttrek
  • Om ‘n kind van enige positiewe herinneringe te breinspoel

Dr Craig Childress, Amerikaanse sielkundige en kenner op die gebied van ouervervreemding, beskryf dit as ‘n geval waar een ouer of stiefouer die kind of kinders moedswilliglik teen die ander ouer draai deur middel van manupilasie. Deur net na ‘n kind se gedrag te kyk, kan ‘n mens maklik die vrees vir die vervreemder opmerk. Eventueel kan kinders so erg geïndoktrineer raak en angstig om die vervreemder tevrede te stel, dat hulle self die ander ouer begin haat en teister. Volgens Dr Childress is ouers wat kinders indoktrineer om hulle van die ander ouer te vervreem, narsissisties van aard; wat beteken dat hulle totaal selfbehep, selfgesentreerd, en selfverheffend is. Die simptome van narsissisme sluit in: besitlik; onsimpatiek; afwesigheid van empatie; verwaand; minagtend; onbeskeie; voortvarend; pretensieus; onnatuurlik; eersoekerig; bakleierig; vermetel; beledigend; liefdeloos; verkleinerend; paternalisties; vol eieroem; selfverheerliking; opgeblase; oneerbiedig; onbeskof; meerderwaardig; aanstellerig. Die lys is eindeloos.

Iemand wat ‘n kind van die ander ouer vervreem, dra die volgende boodskap aan ‘n kind oor: “Ek is die enigste een wat lief is vir jou en jy het my nodig om goed te voel oor jouself. Jou ma (of pa) is onverantwoordelik en sy (of hy) wil jou nooit gehad het nie. As jy kontak met jou ma (of pa) wil hê gaan dit ons verhouding benadeel. Jy moet kies: of ek, of sy (hy).”

‘n Gyselaar Situasie

Dr Childress vergelyk ouervervreemding met ‘n gyselaar situasie waar die vervreemder ‘n sielkundig versteurde en hoogs beherende narsissistiese individu is; wat onbedaarlike woede uitbarstings en verwerping teenoor die kind toon as die kind net waag om van die vervreemder se eise af te wyk. En voordat daardie kind nie totaal uit die gyselaar situasie verwyder word nie, kan dit nie van die kind verwag word om teen die persoonlikheidsversteurde gyselaarnemer se wil te gaan nie – juis as gevolg van die graad van sielkundige teistering waaraan die kind onderworpe sal wees as die kind net waag om te hunker na die teiken-ouer. Hoe meer die kind met die ander ouer te doen wil hê, hoe meer emosionele druk plaas die vervreemder op die kind om die ander ouer simptomaties te bly verwerp. Dus word die kind verander in ‘n sielkundige slagveld. Eventueel vernietig dit die kind geheel en al.

Vervreemding gaan gepaard met: Ongevoeligheid. Apatie. Sielloosheid. Afstomping. Kilheid. Liefdeloosheid. Hardvogtigheid. Onmenslikheid. Gewetenloosheid. Verwydering. Breuk. Afstand. Skeiding. Verdeel. Inbeslagneming. Isolasie. Eliminasie. Onteiening. Ontneming. Diefstal.

Salomo

Onthou die situasie met Salomo, waar die twee vroue voor hom verskyn en beweer het dat ‘n baba aan hulle albei behoort het? Salomo het ‘n bevel gegee dat die baba in die helfte gekap moes word; en dat elke vrou ‘n helfte kry. Die kind se ware ma het gekeer en gesmeek dat Salomo nie die baba in die helfte moes kap nie, maar om eerder die kind vir die ander vrou te gee. Salomo het die vrou erken as die kind se ware en biologiese ma aangesien sy bereid was om die kind op te gee – eerder as om die kind te vernietig. Daarom het hy die kind vir die regte ma teruggegee.

In ouervervreemding sal die narsissistiese ouer eerder die kind sielkundig en emosioneel vernietig as om te sien dat die kind ‘n band met die ander ouer het. Enige tyd wat die kind probeer om ‘n band met die ander ouer te vorm, word die druk op die kind geplaas om simptomaties vyandiggesind teenoor die ander ouer te bly. Die vervreemder, soos in die verhaal van die twee ma’s, is bereid om die kind in die proses te vernietig net om te verseker dat die kind nie ‘n band met die ander ouer behou nie. En vat dit van my af: daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen nie!

Mense vra dikwels, hoekom het jy nie meer moeite gedoen om kontak te maak met jou dogters nie? Hoekom het jy nie harder probeer nie? Die hartseer realiteit is – en ek kan persoonlik hiervan getuig – dat ons as vervreemde ouers nie bereid is om ons kinders verder in die posisie te plaas waar hulle emosioneel afgetakel en vernietig word nie. Ons is nie bereid om ons kinders “in die helfte” te laat kap nie. Ons sal eerder deur ons kinders verwerp en gehaat word as om meer druk op hulle te plaas.

Ongelukkig skiet ons geregstelsel baie ver tekort aan die gesofistikeerde wysheid van Salomo om die valse ouer tereg te identifiseer as die narsissistiese, selfbehepte ouer wat bereid is om die kind sielkundig en emosioneel dood te maak en van hom of haar ‘n simbool van narsissistiese oorwinning oor die ander ouer te maak.

Die Wet

Ongeveer 80% van kinders uit egskeidings – indien nie meer nie – word blootgestel aan ouervervreemding. In die verlede het die hof gesukkel met kwessies rondom ouervervreemding. Deesdae word die regte van kinders beklemtoon. Hulle het ook nou ‘n sê in die saak en die hof gee groot voorkeur aan kinders se wense en gevoelens. ‘n Kind kan vandag vanaf ‘n baie jong ouderdom self besluit oor sy of haar welsyn. Anders as in Suid-Afrika, gaan party lande soos die VSA so ver as om derde partye aan te stel om verhoudings te probeer herstel waar kinders van een ouer vervreem is. In ander lande is die vonnis vir vervreemders ‘n boete – of tronkstraf. Ouers en voogde wat skuldig is aan manupilasie se kinders word summier weggevat van hulle af en hulle mag glad nie kontak met die kinders hê nie.

Dis jammer dat Suid-Afrika ook nie sulke streng standpunte inneem rondom die probleem nie; want by ons word ouervervreemding eenvoudig beskou as ‘n produk van bitterheid as gevolg van ‘n mislukte verhouding. Maar in werklikheid is ouervervreemding ‘n internasionaal erkende vorm van sielkundige en emosionele mishandeling; en dit ondermyn die Universal Declaration of Human Rights en die United Nations Convention van kinderregte. In Mexiko en Brasilië word ouervervreemding geklassifiseer as ‘n kriminele oortreding. Want dis presies wat dit is. Ek praat nie van gevalle waar kinders mishandel word nie, dis heeltemal ‘n ander saak. Maar ouers en stiefouers wat kinders van die ander ouer vervreem, pleeg summier kindermishandeling. Want dit is wat vervreemders is: misdadigers.

In baie gevalle word vervreemde ouers blootgestel aan valse aanklagtes van mishandeling of nalatigheid. In die Familiereg van Suid-Afrika is die kind se beste belange volgens hulle van kardinale belang (ek twyfel); maar die bewerings word nietemin ondersoek totdat die verdagte ouer sy of haar onskuld kan bewys. In die proses word die kind dan ook van die ouer verwyder. Die probleem hiermee is, dat die hele proses geweldig tydsaam is. Hoe langer die ouer van die kind verwyder is, hoe moeiliker is dit om die verhouding te herstel. Ongelukkig is ons geregstelsel inherent magteloos, swak, en onwillig om konsekwent in hulle optrede te wees; so dit laat die vervreemde ouer net so magteloos agter.

Suid-Afrika het ‘n nuwe strategie nodig waar kinders summier van vervreemders af weggevat word as daar enigsins geringe tekens van manupilasie is. Die klem moet daarop lê dat ‘n kind met albei ouers ‘n gesonde verhouding moet handhaaf, en albei ouers moet toesien dat dit gebeur. ‘n Program soos ‘Positive Parenting’ wat in Engeland geimplementeer is, behoort hier ook geimplementeer te word.

In die woorde van ene regter Peter Mabuse:

A parent who unnecessarily deprives a child of the opportunities to experience the affection of its other parent and breaks down the image of that other parent in the eyes of the child, is a selfish parent, robbing the child of what should be its heritage. It is humanly incomprehensible why one parent would refuse the other parent the right of access to their own child. The child should not be placed in such a position as to lose affection for either of its parents. It is of importance to any child that a child should retain his or her affection for both parents.

 

Advertisements

10 thoughts on “Ouervervreemding – en die Wet

  1. Dit is ‘n oneindige hartseer situasie. Ek sit in dit en nou is kleinkind op pad. Ek was nie welkom op troue nie. Al 3 dogters teen my gedraai. … ek sal graag ander ouers wil help . Ek gun geen ouer pa of ma hierdie hartseer nie.

    Liked by 1 person

    • Andorize says:

      Dit is ontsettend hatseer en traumaties. Is so jammer om te hoor van jou hartseer Mariette. Dit sal lekker wees om te gesels. En hopelik kan ons nog ouers daarbuite ondersteun. 💖

      Like

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s