‘n Kat sonder naam

Ek weet nie of ek al voorheen genoem dat ons so 9 maande gelede na ‘n groter meenthuis toe getrek het nie? Dis ‘n baie ruim plek in vergelyking met waar ons eers was. 100% verbetering! En die lekkerste is: dit sit op die hoek, reg langs die kerk waar ek Sondae orrel speel, en aan die anderkant die ouetehuis. Stapafstand van Ouma af. Hoe gelukkig kan mens wees!

Nie lank nadat ons ingetrek het nie, het daar ‘n verwaarloosde en verhongerde kat by ons opgedaag. Ek was aanvanklik nie baie gretig om haar daar te hê nie, maar ek het my goeie plig gedoen om elke dag vir haar kos uit te sit. Nodeloos om te sê dit het haar nie lank gevat om deel van die huishouding te word nie.

Daar is nogal wetenskaplike voordele om ‘n troeteldier eienaar te wees; en een van dié wat vir my uitstaan is dat troeteldiere bekend is daarvoor om mense te help om deur verlies te werk, en om minder fisiese simptome van pyn te beleef. En dit is so, my kat is absoluut ‘n wonderlike steunpilaar deur moeilike tye. Honde doen dieselfde ook, as ek terugdink aan my dogter se bokser hond wat agtergebly het nadat sy weg is; hoe ek en Xenia ge’bond’ het, en hoe sy my ma emosioneel ondersteun het. Maar na haar dood het ek nie weer kans gesien vir ‘n troeteldier nie. Ek doen nie goed met verlies nie…. en tog, hier sit ek nou met die kat sonder ‘n naam, en ek kan nie my huis sonder haar voorstel nie. Sy het alles: liefde, erkentlikheid, ure van eindelose slaap, en geselskap wanneer sy dit nodig het.

Advertisements

10 thoughts on “‘n Kat sonder naam

  1. Lieflik – ek sukkel sonder diere. Hulle hou my baie vas by die huis, maar wat, hulle vermoë om tot diep in my siel te kyk kan ek nie sonder nie.
    Voorspoedige NJ vir jou Andorize mag 2019 onthou word as “jou” jaar! Kat en al… katte word gelukkig baie ouer as honde, so jou kitter sal lank met jou wees en jou baie ure se vreedsame purrr… gee.

    Liked by 1 person

    • Andorize says:

      Ahhh dankie ou Elanè, dit is goed om van jou te hoor, my sielsmaat 💖 Dit is waar wat jy sê, dat hulle tot diep in ons siele kyk. En dit gee mens tog daardie gevoel van sorgsaamheid, wat inherent deel van ons menswese is. Mag dit vir jou ook ‘n besondere jaar wees, ‘n jaar van onuitspreeklike goedheid soos vir jou afgemeet is. Dink aan jou 🌷

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s